Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Wenke wat werk
16 Mei 2018
WENK GESOEK:

Hoe kry ek my wit jeans en broek weer wit as ek dit met ’n rooi top gewas het? Dis nou pienk en ek weet nie wat om te doen nie.

- Zee, Port Elizabeth

Antwoord

Moenie panic as jy per ongeluk ’n rooi sokkie tussen jou wit wasgoed gelos het en al wat ’n wit ding nou pienk is nie. Jy kan dit nog weer wit kry as die klere al droog is, maar die beste sal wees as dit nog nat is.

Maak só:

• Was die gevlekte klere met waspoeier en een koppie chloorvrye bleach. Kies die siklus met die meeste wrywing. Jy kan ook die bleach vervang met ’n koppie wit asyn. Herhaal as dit nog pienk is.

• Steeds pienk? Week die klere vir agt ure in suurstofgebaseerde bleach en water.

• Moenie die klere laat droog word as jy nie met die kleur tevrede is nie.

• Om vlekke soos byvoorbeeld grimering uit te haal, gebruik ’n wit lap of tissue om soveel moontlik daarvan af te kry. Grimeringvlekke reageer die beste op produkte met ’n alkoholbasis soos hand sanitizer of rubbing alcohol. Jy kan ook waspoeier of haarsproei gebruik.

• As daar ’n dowwe vlek agterbly, vryf ’n halwe suurlemoen se sap op en los in direkte sonlig.

Bron: www.cleanipedia.com/gb/ laundry/remove-pink-stains- white-clothes

WENK GESOEK:

Hoe kan ek krapmerke op my karvenster beter laat lyk?

- Anoniem

ANTWOORD:

As die krap dunner is as die dikte van ’n vingernael, kan jy tandepasta, koeksoda of naelpoli- toer gebruik.

Polish met tandepasta:

• Was die venster goed.

• Druk die tandepasta (ertjie-grootte) uit op die lap. Gebruik minder, eerder as te veel wit (nie gel nie) tandepasta met koeksoda in.

• Vryf die tandapasta op die krappe in klein sirkelbewegings vir 30 sekondes. Jy sal dalk ’n paar keer nuwe tandepasta moet aansmeer om die merk te verwyder.

• Vee een keer oor die glas met ’n uitgedroogde lap sonder om te hard te druk of sirkelbewegings te maak.

• Alternatiewe: Jy kan een teelepel koeksoda met een teelepel water meng. As jy clear nail polish versigtig aan ’n geïsoleerde krap smeer, sal dit die krap vul. Laat die politoer droog word. Haal die politoer wat gemors het met nail polish remover af wanneer dit droog is.

Bron: www.wikihow.com

Leserswenke

Smeer suurlemoensap aan jou hare om grys hare blink te maak en daai roeskleur uit te haal. Jou hare word dan mooi grys.

- Shirley Timmey, Stellenbosch

Harde politoer word weer sag as olie, terpentyn of brandspiritus daarin gemeng word. Smeer aan met ’n klam lap.

- Patricia Adams, Uitenhage

Aangepakte toilet: Draai water by toiletkraan toe, gooi geel swembadsuur in en laat staan. Moenie try om met ’n plastiekborsel of kaalhande met die suur te werk nie.

Vir teëls: Gebruik swembadsuur met ’n bietjie water by. Vir tussen die teëls sal die suur ook lekker werk.

- Vanessa Pretorius, Pretoria

Om van vis- of uiereuke op eetgerei en borde ontslae te raak, voeg ’n teelepel koeksoda by skottelgoedwater.

- Jeanette de Beer, Vredendal

Smeer Stay-Soft aan jou kop vir luise, bedek en was dan met Gambex-sjampoe.

- Desiree Botha, Humansdorp

As jy gereeld koorsblare kry, gebruik oog-salf onmiddellik as dit uitkom. Dit maak die koorsblaar gouer droog.

- Joanne Fillies, De Aar

Ontdooi altyd vars vis in ’n strainer oor ’n skoon bord in jou yskas. Só drup die water onder die vis uit sonder om dit pap te maak.

- Daphne Swartz, Worcester

Gebruik jou swirlkous as jy nie polish vir jou skoene het nie – die olierigheid van die hair food laat jou skoene blink.

- Johana, Lady Grey

Ek sny my geut korter sodat daar ’n 25 liter-emmer onderin pas. As dit reën, vang ons die water só.

- Owen Appolis, Mitchells Plain

Dettol haal bloed- en beetvlekke uit. Gooi ’n bietjie dettol op die vlek, laat vyf minute staan, vryf en was daarna.

- Lorien Henning, Bloemfontein

Moenie jou leë broodsakkies weggooi nie. Gebruik dit om jou groente en vleis in te vries. Dis goedkoper as ander sakkies en ook sterker.

- Dee, Hermanus

Die beste manier om kool te kerf, is met ’n leë beef-blik. Sny jou kool in twee of vier stukke en kap met die oopkant van die blik.

- Mona Mengo, Port Elizabeth

Vir roes op bakplate, besprinkel met Sunlight-opwasmiddel en skuur dan met rou aartappel. Spoel af en droog goed.

- E.C. Scheepers, George

Indien jou handsak se band te lank is, skuif die lengte totdat dit vir jou gemaklik is en gebruik dan cable ties om die res vas te maak.

- Alet Jacobs, Johannesburg

Pyn in jou ore: Kneus malvablare en sit in jou ore.

- Elizabeth Pienaar, Ruyterwacht

Skilfers

Meng ’n lepeltjie koeksoda in jou shampoo en was jou hare. Spoel jou hare af met appelasyn nadat jou conditioner aan was. Moenie baie warm water gebruik nie, dit sal net jou kopvel verder uitdroog.

- Anneeda Sacco-Pekeur, Montagu

My dogter se kopvel was baie droog wat skilfers veroorsaak. Ek het klapperolie en suurlemoensap gemeng, in haar kopvel gevryf en vir 30 minute aangelos. Daarna het ek dit met Palmer’s coconut shampoo en conditioner gewas. Sy het nie meer ’n droë vel nie en die skilfers is weg.

- Welisia Arendse, Kaapstad

Om ontslae te raak van skilfers, sny ek ’n suurlemoen in twee en dan vryf ek dit aan my kopvel voordat ek my hare was.

- Tamarin Manuel, Somerset-Wes

Draai ’n sykous om jou haarborsel en borsel jou hare so uit. Skilfers sal aan die sykous vassit as jy dit van die borsel afhaal.

- Suneatha Dyason, Malmesbury

Gooi ryswater op jou kop voor conditioner en laat dit intrek vir vyf minute. Jy kan ook gemmer rasper en die sap aan jou kop smeer.

- Lisa Barnes, Pretoria

Foto’s: Gallo Images/Getty Images


Dié artikel verskyn in die 16 Mei 2017-uitgawe van Kuier-tydskrif.


Meer oor:  Kuier  |  Raad  |  Wenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.