Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Wenke wat werk
03 October 2018

Help asseblief met wenke om my hare te laat groei. Ek is nou al moeg vir hierdie stokkies op my kop wat net nie wil rigting kry nie.

Anoniem

Anoniem

Help jou hare groei met hierdie tuisrate:

  • Maak ’n konkoksie van eiergeel en olyfolie om jou hare te help groei. Eiers bevat keratien en bevorder haargroei.
  • Suurlemoensap bevat anti-oksidante, vitamiene en nutriënte wat help om jou hare vinniger te laat groei. Masseer dit in jou kopvel om jou bloed­sirkulasie te sti­muleer en haargroei aan te help.
  • Roosmaryn sal jou hare help groei, die wortels sterker maak en klaar speel met skilfers. Kook vier koppies water en gooi in ’n teepot. Gooi die roosmaryntakkies by en laat dit trek vir ’n halfuur. Gooi deur ’n sif in ’n plastiekhouer. Jy kan ’n bietjie asyn ook bygooi. Was jou hare soos gewoonlik en spoel af. Gooi die helfte van die roosmarynmengsel oor jou kop en los aan vir 5 minute. Spoel af met koel water.

Bron: www.manentail.co.za

Ek sukkel vreeslik met miere in en om my huis. Help asseblief!

Kotie, Vanderbijlpark

Miere hou daarvan om uit te span in ’n huis se mure, die badkamer en kombuis.

Daar is gewoonlik drie redes hoekom hulle by jou sal kom intrek – maklike toegang tot kos, water en skuiling.

Probeer hierdie natuurlike opsies voor jy gif gebruik:

• Meng een deel water en een deel asyn en spuit by “ingange” of sprinkel kaneel. Miere hou nie van die reuk nie.

• Meng een deel boraks en drie dele suiker. Sit dit waar jy sukkel met miere.

• Sprinkel mieliemeel.

• Hou jou huis skoon: Moenie kos laat rondstaan nie en maak seker jou huis is netjies en skoon. Vee gereeld uit.

Bron: www.organiclesson.com

Meer oor:  Kuier  |  Raad  |  Wenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.