Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Wenke wat werk
11 Julie 2018

VRAAG: Dit lyk asof 'n klomp kakkerlakke in my huis kom nesmaak het en niks wat ek doen werk nie. Help asseblief. Anoniem

Raak só ontslae van kakkerlakke:

1. Kakkerlakke eet stof, so stofsuig gereeld in al daardie donker hoekies.

2. Gooi gereeld onverdunde Jik in water­uitlate en dreine. Sit die prop in en laat oornag staan. 3. Gebruik ’n sterk kakkerlakgifpoeier om die kakkerlakke dood te maak. Jy kan ook die poeier op die oppervlak van jou kaste en laaie gooi en papier bo-op plaas. Pak dan alles terug.

4. Meng Boraks en versiersuiker en sit dit in doppies of proppies op strategiese plekke, veral onder die wasbak of kas.

5. Kakiebos hou kakkerlakke weg. Plant een veral by jou dreine.

6. Sit bakkies met koeksoda oral in die huis (veral agter die yskas, stoof en onder die wasbak). Die kakkerlakke eet dit (en dra dit na hul nes toe). Die vog in hul lywe laat die koeksoda bruis en laat hulle vrek. Dit voorkom ook dat ‘n volwasse kakkerlakke eiers lê voordat hulle doodgaan.

8. Strooi Epsom salt, salie-takkies of laventelolie op rakke om kakkerlakke weg te hou.

BRON: Kuier-leser Mertre Farmer, Velddrif

VRAAG: Kan ek asseblief raad kry vir hare wat aanhou afbreek? Anoniem

Maak jou hare só sterker:

1. Eier-masker: Klits eiers met ’n paar druppels essensiële olies. Smeer aan jou hare en los aan vir ’n uur. Was soos gewoonlik. Dit is ’n wonderlike conditioner en help om te keer dat jou hare maklik breek.

2. Warm olie-massage: Hare breek gewoonlik omdat dit ongesond is. Masseer jou hare en kopvel in die aand met warm coconut-, amandel- of olyfolie. Dit sal jou hare bevogtig en skade herstel. Bedek jou kop, slaap só en was jou hare die volgende oggend.

3. Mayonnaise en olyfolie: Meng ’n paar lepels mayonnaise met ’n bietjie olyfolie en wit asyn. Smeer dit aan jou hare en laat dit droog word. Was af met sodawater. Dit sal jou hare voed en keer dat dit maklik koek en breek.

4. Uiesap: Smeer uiesap aan jou hare en los aan vir ’n halfuur. Was soos gewoonlik. Jou hare sal vinnige en sterk groei.

BRON: doctor.ndtv.com

Meer oor:  Kuier Wenke  |  Kuier  |  Wenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.