Marli van Breda (17) is ’n staatsgetuie en daarom mag haar broer Henri haar nie sien voordat sy verhoor afgehandel is nie.
Henri word aangekla van die bylmoord op sy ouers, Martin (54) en Teresa (55), asook ouboet Rudi (22) 18 maande gelede in die Van Breda-gesin se De Zalze-landgoedhuis buite Stellenbosch.
Marli het ernstige breinbeserings in die aanval opgedoen en het nou retrograde geheueverlies.