’n Misdadiger wat ’n man in 2017 in die Marikana-omgewing doodgeskiet en twee ander byna noodlottig gewond het, is Dinsdag tot altesaam 95 jaar tronkstraf gevonnis.
Simpiwe Silwane (37) se ander vonnisse word gelyklopend met sy lewenslange vonnis vir die moord uitgedien, sê lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes.
Silwane is in die hooggeregshof in Pretoria saam met sy makker, Samkelo Mkhutswa (39), gevonnis. Laasgenoemde is skuldig bevind op aanklag van poging tot moord.