Resensente meen die aanbod by die vyfde Jozi-rolprentfees die naweek in Johannesburg is die beste nog, sê Lisa Henry, feesorganiseerder.
Tog word dit elke jaar moeiliker wanneer die fees groei en die publiek se verwagtinge toeneem.
“Ons weet teen dié tyd wat om te verwag in terme van inskrywings en dis ’n groot klomp rolprente (plaaslik en van regoor die wêreld, in allerhande genres en temas) wat by ons aankom.