Min dinge so sinoniem met Suid-Afrikaanse kookkuns soos bobotie, begrafnisrys en ou tante Ball se perskeblatjang.
Soos sy mense, kom Suid-Afrika se wonderlike mengelmoes geregte van oral – van plaaslike inheemse gemeenskappe tot Europa, Indië, Maleisië en Indonesië.
Op eie bodem is hierdie tradisionele geregte dikwels in ons groot kulturele smeltpot geprut tot iets eie aan ons land. Bobotie is so ’n gereg.