My nooi is in ’n nartjie, my (ou-) ma in kaneel?.?.?.
Hoe mooi het D.J. Opperman nie daardie vreemde verband tussen ’n geur en ’n konnotasie opgesom in sy bekende gedig “Sproeireën” nie.
Sy verwysing na kaneel as herinneringsdraer is een waarby ’n mens aanklank vind. Vir hom was dié geur een met sy ouma; vir ander roep dit plaasvakansies, reënerige pannekoekdae of die lekker seer suig aan ’n fire ball op.