Donald Trump kry al lank die meeste nuusdekking van al die kandidate van die Republikeinse Party wat in ’n stryd gewikkel is om as dié party se presidenskandidaat benoem te word, maar hy het nie die positiefste beeld van almal nie.
Twee van sy teenstanders, Carly Fiorina en Ben Carson, het die positiefste beeld in die Amerikaanse media.