Die debat rondom die wetsontwerp vir die bewaring en ontwikkeling van landbougrond, waaroor Rapport verlede week op sy voorblad berig het, veroorsaak baie ongemak in landboukringe.
■ Lees hier: Staat wil sê hoe jy mag boer
Tot dusver het baie van die kritiek op die wetsontwerp gefokus op die inbreuk wat die wet kwansuis op eiendomsreg sou maak. Baie kommentators – soos die prokureur Pieter Smit in Rapport se hoofberig verlede week – tref vergelykings tussen die ooreenkomste tussen dié wet en die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne van 2002 wat, soos Smit dit stel, grondeienaars van hul mineraalregte ontneem het “sonder om die term onteiening te gebruik”.