’n Wit bloedbevlekte handdoek wat afgeneem is in die woonstel van die vermoorde Matie Inge Lotz is die jongste fokus van haar pa se soeke na antwoorde.
Prof. Jan Lotz glo die bloedvlek op die handdoek lyk soos die merk wat ’n hamer sou maak en dat dié handdoek meer lig op sy dogter se moord kan werp.
Die 22-jarige student se bebloede lyk is op 16 Maart 2005 in haar woonstel in die Shiraz-woonstelkompleks in Welgevonden, Stellenbosch, gevind.