In ’n bespreking van Missionaris skryf Rykie van Reenen dit “is nie maar net ’n rekonstruksie van ’n sendelingslewe nie.
“Dit word ’n verbasend lewendige gesprek tussen die pioniersverlede en die hedendaagse Suid-Afrika.”
In ’n bespreking van die boek in Die Burger in 1988 word genoem dat Joubert die karakter van Aart Antonij van der Lingen “midde-in die twiste van sy tyd” plaas, naamlik “die spanning tussen boer en sendeling, kerk en sending, staat en kerk – waarteen baie van ons eietydse troebelheid afgelees kan word”.