KIMBERLEY. – ’n Splinternuwe winkelsentrum met sy eie fliekteater waar onder meer ou Afrikaanse flieks en Europese kunsrolprente vertoon gaan word, gaan op Orania opgerig word.
Die sentrum, met ses ondernemings, gaan teen R2,5 miljoen gebou word, met bouwerk wat na verwagting in Desember sal begin. Die doelwit is om die sentrum net ná die skoolvakansie in April 2014 te open. Die Ou Karooplaas sal in tipiese Karoo-boustyl wees en word reg by die dorp se ingang van Vanderkloof af opgerig.
Die ontwikkelaar, Quentin Diedericks, sê hy het op dorpe soos Loxton en Victoria-Wes gaan kyk vir inspirasie vir die ontwerp.