ORANIA. – Die Orania-beweging, wat volgende jaar 25 jaar oud word, voorsien dit kan ’n stad word met 10 000 inwoners waarin verskeie volhoubare ondernemings sal gedy.
Die eerste stap om dié droom te verwesenlik sal in September geskied wanneer die Orania-beweging ’n konferensie in Pretoria aanbied. Die doel is om beleggers te trek wat ontwikkelingskapitaal vir uitbreiding kan voorsien.
Lede van die uitvoerende komitee het vandeesweek ook met Sylvia Lucas, Noord-Kaapse premier, vergader. Lucas is amptelik genooi om Orania te besoek.