Parow blaas nuwe lewe in korfbal

Die Parow-korfbalklub is tans die enigste bestaande klub in Kaapstad en probeer nuwe lewe in dié sport blaas met verskeie ope dae wat beplan word.

Tans is daar ongeveer 60 spelers in die hele Wes-Kaap, met Ceres wat heelwat spelers op o.20-vlak het.

“Ons beplan om een keer per maand ’n ope dag te hou en ons nooi almal om te kom speel. Dit is ’n gesinssport en baie sosiaal. Ons was juis nou op Saterdag 8 Augustus by die Jan Burger-sportkompleks in Parow.

“Vroeër jare het Bothasig, Eversdal, Durbanville, die Bellville-brandweer, Parowvallei en Epping, om slegs ’n paar plekke te noem, hul eie korfbalklubs gehad.

“Dit is juis die rede hoekom ons die ope dae hou om weer die getalle van die sport op ’n aanvaarbare vlak te kry. Hoekom die getalle oor die jare so drasties afgeneem het, bly ’n ope vraag,” verduidelik Tania Brase, van die Parow-korfbalklub.

Daar word ook reeds aan planne geskaaf om binnekort ’n beginnersliga vir o.9-seuns en -meisies te begin.

Die baan is soortgelyk aan ’n netbalbaan, maar die grootte en afmetings verskil. Daar is nege spelers in ’n span, drie in elke blok, en die span bestaan uit drie doele, drie middelspelers en drie verdedigers.

Die spelers in die onderskeie posisies mag tydens die spel nie in ’n ander afdeling (blok) grond raak, op die binnelyne trap, of die bal oor ’n binnelyn vang nie.

Die bal word soos met netbal van speler tot speler gegooi. Spelers mag nie die bal teen hul lywe vang nie, daar mag nie gemik (ge-dummy) word nie en die speler het twee sekondes om die bal uit te gee. Alhoewel die voetreëls nie so streng is soos met netbal nie, mag die speler nie met die bal vorentoe of agtertoe beweeg wanneer hy of sy beheer daarvan het nie.

Doele word aangeteken deur van buite die doelsirkel te doel en word “onder-arm” gegooi, met albei hande. ’n Doel tel twee punte as dit slaag, en die doel het vyf sekondes om te doel. ’n Strafdoel tel ’n punt.

Die reëls is onlangs gewysig en ’n strafdoel-lyn is 1,5 m vanaf die binnelyn aangebring, wat die doelblok en die middelblok skei. Indien ’n strafdoel van hierdie lyn af slaag, tel dit twee punte.

Belangstellendes kan Wynand Zaayman (WKRF-president) by 083 655 9009 of Tania Brase (Parow-bestuur) by 074 188 2179 kontak of gaan na www.ringballsa.co.za vir meer inligting

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 465/10
Sri Lanka 397/10 & 39/2
Rand - Dollar
16.08
-1.0%
Rand - Pond
19.85
+0.2%
Rand - Euro
16.84
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.18
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-2.0%
Goud
1,816.59
+0.1%
Silwer
21.40
-1.1%
Palladium
2,006.50
-2.4%
Platinum
938.25
-1.9%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
62,494
-0.9%
Alle aandele
69,083
-0.9%
Hulpbronne 10
71,795
-1.4%
Industriële 25
76,804
-1.3%
Finansiële 15
16,026
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos