Die nuwe Suid-Afrika het miskien vir my eers regtig begin die dag toe Madiba by wyle me. Betsie Verwoerd in Orania gaan kuier het. 15 Augustus 1995.
Ek was die dag daar as joernalis. Dit was ’n Dinsdag, as ek reg onthou. Die oggend toe ons by die saal op die dorp kom waar die twee sou kuier, het daar polisieskerpskutters op die dak gelê, ingeval daar dalk van iewers af ’n voornemende Wit Wolf sy verskyning sou maak.
Dit voel so lank gelede.