Die vakbond Food and Allied Workers’ Union (Fawu) meen die oplossing vir die huidige krisis in die hoenderbedryf lê by die regering.
Katishi Masemola, hoofsekretaris van Fawu, het aan Fin24 gesê die regering het die nodige maatreëls tot sy beskikking om die plaaslike hoenderbedryf teen invoer te beskerm.
Masemola het verwys na die meer as 2 000 poste wat in die komende maande in die bedryf verloor gaan word wanneer Rainbow Chicken (RCL Foods) en Country Bird met afleggings begin.