Kan art. 29(2) van die Grondwet maar geskrap word? vra Theuns Eloff.
In sy repliek op die stortvloed kritiek op die voorgestelde wysigings aan die Skolewet, het Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, onlangs gesê dat “die land ekonomies en opvoedkundig nie enkelmediumskole (lees: Afrikaanstalige skole) kan bekostig as die vraag na onderrig so groot is nie”.
Voordat daar op die meriete van hierdie stelling ingegaan word, moet die feite eers vasgestel word.