Dit was ’n viering van sy enigste kind se lewe eerder as ’n afskeid, het Herman Prinsloo Woensdag op ’n gedenkdiens vir sy seun, Kristian, in die Lewende Woord-kerk in Centurion gesê.
“Die diens sal ’n celebration van sy lewe wees. As jy daai smile sien, kan jy nie hartseer wees nie,” het Prinsloo gesê en na ’n groot skoolfoto van Kristian voor in die kerk gewys.
Kristian is verlede week, ’n dag ná sy 12de verjaarsdag, in die hospitaal dood.