Presies wie politieke partye in Suid-Afrika geldelik ondersteun, gaan in die toekoms waarskynlik nie meer ’n geheim wees nie.
Dít volg nadat LP’s op die parlementêre ad hoc-komitee oor finansiering vir politieke partye onlangs wysigings aan die Wet op die Finansiering van Verteenwoordigende Politieke Partye van 1997 bespreek het.
Een van die bepalings in die nuwe konsepwetsontwerp vir die finansiering van politieke partye, is dat skenkers van politieke partye se identiteit bekend gemaak moet word.