Una is op 91-jarige ouderdom met hierdie siekte gediagnoseer en is nou baie afhanklik van haar gesin en versorger se hulp. Haar dogter, René, het ’n vaste werk en dit is dus vir haar onmoontlik om voltyds na haar ma om te sien. Gelukkig bied die professionele versorger, Sharon Barends, wat die gesin vir dié doel aangestel het, al die ondersteuning wat Una nodig het.
Professionele versorging
Sharon, ’n versorger van Elsorg, kyk tans vyf dae ’n week van 09:00 tot 13:00 na Una, behalwe op Maandae en Donderdae, wanneer ’n familievriendin ’n beurt kry om na Una om te sien.