Dienslewering en beleid gaan die grootste slagoffers wees van die warboel waarin verskillende faksies die ANC in die aanloop tot die party se leiersverkiesing gaan dompel, sê Daniel Silke, ’n onafhanklike politieke ontleder.
Nóg ’n lys met die name van ’n ANC-faksie se kandidate het Donderdag opgeduik.
The Times het berig die ANC-jeugliga sirkuleer ’n lys met die naam van Ace Magashule as kandidaat om ANC-leier te word. Magashule, premier van die Vrystaat, is ook ’n lid van die sogenaamde premierliga wat sterk ondersteuners van pres. Jacob Zuma is.