Vrydag 25 November is die laaste dag waarop ANC-takke nominasies vir die verkiesingskonferensie in Desember kan ingee.
Zizi Kodwa, die ANC se nasionale woordvoerder, sê die uitsteltyd was om takke kans te gee om hul algemene jaarvergaderings af te handel en die nominasieproses vir leiers gedoen te kry.
Kodwa sê 80% van die party se takke het reeds hul leiersvoorstelle ingedien. “Ons wil nie takke uitsluit nie en wil almal se nominasies hê.”