Die ANC-vroueliga het hul volle vertroue in pres. Jacob Zuma herbevestig.
Die vroueliga het dit Donderdagaand in ’n verklaring gesê ná die konstitusionele hof se uitspraak wat onder meer bevind het dat die Zuma die Grondwet geminag het.
“Ons geloof en ondersteuning vir president Jacob Zuma bly onwankelbaar en ons het die volle vertroue in die land se ontwikkeling onder sy leierskap,” het die vroueliga in hul verklaring gesê.