Wêreldrugby het sy reputasie en geloofwaardigheid op ’n mishoop staan en smyt met sy besluit om Angus Gardner as die beste skeidsregter in die wêreld te vereer.
Dié eerbewys is boonop ’n vuishou in die gesig van rugbyondersteuners oor die wêreld heen wat met reg omgekrap is oor Gardner se vele mistastings en ruggraatlose beslissings vanjaar.
Franse ondersteuners was boos toe die Hane se heelagter Benjamin Fall in die tweede toets vanjaar teen Nieu-Seeland in die 11de minuut met ’n rooikaart van die veld gestuur is, nadat hy kontak met Beauden Barrett in die lug gemaak het.