Die eiendomsprokureur Meyer de Waal het ’n aanlyn toepassing ontwikkel saam met die tegnologiefirma Limitless, waarmee jy in ’n kits kan uitvind of jy vir ’n huislening kwalifiseer.
Die toepassing – My Bond Fitness – kan by www.mybondfitness.co.za afgelaai word.
Tans word byna 50% van alle huisverbandaansoeke afgekeur, wat groot vertragings vir huisverkopers meebring, want sodra ’n koopkontrak onderteken is, kan dit twee tot drie weke duur voordat ’n bank die verband finaal goedkeur, sê De Waal.