Naam van App: Wrappup Smart Voice Recorder
Koste: Gratis
Waar: App Store vir Apple-produkte en Google Play vir Android
As jy ’n besige entrepreneur is wat gedurig aan die beweeg of op die pad is, en nie die luukse van ’n persoonlike assistent of sekretaris het nie, is dit altyd nuttig om ’n impromptu-vergadering met ’n sakevennoot of ’n telefoongesprek te kan opneem om weer later daarna te kan verwys.