“Moet nie huil nie, Boeta. Al jou maatjies is saam met jou in die ‘grootskool’. Dit gaan lekker wees.”
Ma Jean Linde moes klein Jacques (6) Woensdagoggend troos toe hy onbedaarlik op sy eerste dag in gr. 1 by die Laerskool President Steyn in Bloemfontein begin huil het.
Dié Steyner het minute tevore laggende saam met sy 27 klasmaats voor in die skoolsaal vir hul eerste saalopening gesit.