Atlete het Vrydag ’n lang week van skolesport afgesluit by die Hoërskool Waterkloof se Prestige-byeenkoms in sy agterplaas, waar verskeie rekords geval het.
Die byeenkoms is beslis tussen die Afrikaanse Hoër Seuns- en Meisieskool, Glenwood High School van Durban, Hoërskool Kempton Park, Hoërskool Nelspruit, Waterkloof, Privaatskool Moria, Wynberg Boys’ High van Kaapstad, met enkele atlete van Zwartkop Christian School wat ook hul slag gewys het.