LONDEN. – Wêreldatletiek kan tot in sy fondamente geskud word wanneer die Wêreldagentskap teen Opkikkers (Wada) vandag in Genéve ’n verdoemende verslag bekend stel.
Dié onafhanklike verslag, wat die afgelope jaar opgestel is, handel oor die toesmeerdery van positiewe opkikkertoetse, afdreiging en korrupsie wat in atletiek voorkom.