Sondag was ’n hartseer dag vir duisende inwoners van Port Elizabeth wat week ná week voor die kassie bly sit het om Bevin Samuels (19) op die verhoog van IdolsSAte sien.
Samuels, van Gelvandale in die Baai, se hoop om die volgende Idol te wees, is aan’t skerwe nadat hy Sondag huis toe gestuur is omdat hy nie genoeg van die land se stemme ingeryg het om hom ’n plekkie in die top-5 te verseker nie.
Hoewel sy aanhangers hulle na Facebook gewend het om hul misnoeë uit te spreek, bly dié sangwonder hul eie “Baaise Idol”, sê die massas.