Die Protea-draaibalbouler Imran Tahir sal as die wêreld se voorste eendagbouler aantree wanneer die eendagreeks tussen Suid-Afrika en Indië Donderdag in Durban begin.
Tahir (38) het weer die voorste plek op die ranglys ingeneem met die vorige voorste bouler, die Pakistani Hasan Ali, wat nou in die vyfde plek is.
Ali kon slegs ses paaltjies in vier eendagwedstryde in die onlangse reeks teen Nieu-Seeland plattrek.