’n Bejaarde vrou van Bloemfontein se vinnige optrede deur die hoofslaapkamer se deur toe te sluit toe gewapende aanvallers hul huis binnekom, het waarskynlik haar en haar man se lewe gered.
’n Pik, wat die aanvallers moontlik sou gebruik indien die egpaar hulle sou teensit, is later in die motorhuis aangetref.
’n Onbekende getal mans het Dinsdag om 02:55 deur die kombuisdeur toegang tot Peter en Bernie Truluck, albei 74 jaar oud, se huis in die Gratias-aftreeoord in Dan Pienaar gekry.