Die Beloftebos-trouplaas buite Stanford in die Wes-Kaap sal verjaardagpartytjies reël vir paartjies van dieselfde geslag, asook hul werksgesellighede of enige ander geleenthede aanbied, nét nie hul troue nie.
En nee, net soos wat hulle nie troues vir selfdegeslagpaartjies sal aanbied nie, sal hulle ook nie Halloween-partytjies daar hou nie, ongeag wie dit wil aanbied.
Dít is teen die eienaars, Andries en Coia de Villiers, se geloof.