Dis al 17 dae nadat die agtjarige Recolin Witbooi van Port Elizabeth vermis geraak het en ’n plaaslike raadslid hoop nou dat ’n beloning vir inligting iemand se tong sal losmaak.
Dit kom nadat verskeie soektogte na Recolin in Gelvandale en omgewing onsuksesvol was.
Tog kry Chriszelda Witbooi, sy ma, gereeld boodskappe wat sê haar seun staan by ’n verkeerslig en bedel. Dié inligting word telkens sonder huiwering deur die familie opgevolg, maar het nog net verdere teleurstelling en kommer opgelewer.