Een van die 25 Siyandisa-beurshouers in die Vrystaat sê sy sou nie haar ses onderskeidings in verlede jaar se matriekeindeksamen daarsonder kon behaal nie.
Die beursfonds het in sy eerste jaar ’n rits suksesverhale opgelewer, onder wie drie leerlinge in die Vrystaatse top-50, met 17 beurshouers wat vyf of meer onderskeidings ingeryg het.
Om vir dié beurse te kwalifiseer, moes die leerlinge teen die einde van hul gr. 11-jaar ’n gemiddelde van 85% behaal het. Dit is vir leerlinge wie se ouers nie skoolgeld kan bekostig nie.