Inwoners van Bultfontein het Dinsdagoggend ’n meevaller gekry toe ’n melkboer van die omgewing 1 600 liter melk in die dorp uitgedeel het.
Wouter du Plooy het Dinsdagoggend op ’n WhatsApp-groep aangekondig dat dorpenaars gratis melk by hom in die dorp kan afhaal.
Wouter het met twee melktenkwaens in die dorp stilgehou en mense het na dié punt gestroom om van die melk te kry. Inwoners het met enige houer denkbaar by die tenkwaens opgedaag om van die melk te kry.