Besproeiingsboere in die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap hoop om Donderdag te hoor of hul versoek vir die opheffing van beperkings op hul waterkwotas, suksesvol is.
Die departement van water en sanitasie het vroeër vanjaar ’n beperking van 80% vir die nuwe boekjaar, van 1 Julie 2018 tot 30 Junie 2019, se waterkwotas ingestel.
In daardie tydstip was die Kougadam, die grootste in dié vallei, net meer as 7% vol, met geen noemenswaardige vooruitsig vir goeie reënval in die opvangsgebiede nie.