Saterdag sal die einde van ’n era vir die Hoër Jongenskool Paarl se breier, Sean Erasmus, aanbreek wanneer sy spelers uitdraf vir hul jaarlikse interskole-kragmeting met Paarl Gimnasium.
Erasmus, wat in 2014 as die eerste rugbyspan se breier by Boishaai aangestel is, word as ’n legende in skolerugbykringe beskou.
Sy span was in 2015, 2016 en 2017 onoorwonne teen Suid-Afrikaanse teenstanders en dit het ’n gedugte span van Grey-kollege geneem om die Paarliete se wenrekord eindelik tot ’n einde te bring toe hulle Boishaai in Mei geklop het.