Deel

Bom-skok: Ons wapens is onbewaak

’n Lugfoto van 96 Ammunisiedepot by De Aar. Foto: www.virtualglobetrotting.com

Drie van die weermag se grootste ammunisiedepots, waaronder die grootste een van sy soort in die Suidelike Halfrond, lê grootliks onbewaak.

Dit kan terroriste en ander misdadigers in staat stel om bomme en plofstof te steel met die gemak waarmee ’n dief lekkergoed in ’n hipermark vaslê, het ’n veiligheidspesialis met 20 jaar ervaring in die bewaking van nasionale sleutelpunte die afgelope week aan Rapport gesê.

Die opskorting van verskeie staatskontrakte by die departement van openbare werke (DOW) in die nadraai van die Valke se ondersoek na wanbesteding by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning is vermoedelik een van die redes waarom daar al 18 maande lank geen kontrak vir die drie depots bestaan nie.

Die grootste depot is in die Noord-Kaap (Rapport weerhou die presiese ligging op regsadvies) en die subdepots is noord van Kimberley en naby Polokwane in Limpopo.

Al drie word nou net deur ’n paar militêre wagte opgepas en ’n nuwe sekuriteitskontrak word volgens die weermag nog eers beding.

Die grootste depot, in die Noord-Kaap, wek die meeste kommer.

“Die hekke staan oop. Die veiligheidskameras werk nie en die valboom by die hoofingang is deur iemand platgery. Enigiemand kan nou inry en homself gaan help,” sê Vossie Vosloo, wat meer as 20 jaar ’n sersant-majoor daar was.

Daai plek is soos ’n hipermark vir enig­iemand wat plofstof vir enige terreuraanval nodig het. Daar is enigiets van vliegtuig- tot skeepsbomme.

Hy het daarna etlike jare lank by die veiligheidsmaatskappy gewerk wat gekontrakteer was om die perseel te bewaak.

“Daai plek is soos ’n hipermark vir enigiemand wat plofstof vir enige terreuraanval nodig het. Daar is enigiets van vliegtuig- tot skeepsbomme,” sê hy.

“Die elektriese heining is afgeskakel. Ek kan nou soontoe ry en ’n gat in die heining knip, na die bunkers toe ry en myself aan enigiets van bomme tot skerppuntammunisie gaan help. Niemand gaan dit agterkom nie.”

By al drie depots is die gesofistikeerde biometriese veiligheidstelsel van R8 miljoen, wat geïnstalleer is net voor die kontrak einde 2014 finaal beëindig is, in onbruik.

LS Turnkey, wat in gevorderde hoë-tegnologieveiligheidsmaatreëls spesialiseer, het sedert 1993 die staatstender gehad vir die bewaking van die grootste depot. Dit was dié maatskappy wat ook die modernisering van die veiligheid gedoen het – net om kort daarna te hoor die kontrak is beëindig.

Die kontrak, wat deur die weermag gefinansier is, maar deur die DOW bestuur is, het maar sowat R1 miljoen per jaar beloop. Dít het egter vyf hoogs opgeleide veiligheidsbeamptes, onder wie Vosloo, ingesluit om dag en nag te verseker niemand buit die ammunisie nie.

Die depot was altyd ’n nasionale sleutelpunt, maar is sowat twee jaar gelede tot ’n plek van nasionale belang afgegradeer.

Daar is egter steeds 175 deels ondergrondse magasyne oor ’n gebied so groot soos 29 rugbyvelde wat boordensvol ammunisie is.

Van die ongebruikte magasyne bevat minder gevaarlike, verouderde ammunisie en is verseël omdat die inhoud lank nie meer met veiligheid gebruik kan word nie.

Volgens Rudolph de Beer, uitvoerende hoof van LS Turnkey in Port Elizabeth, is die weermag se geld vir die kontrak na kontrakte met ’n hoër voorkeur verskuif.

“Ek het in Desember 2014 ’n brief aan die DOW en genl. Solly Shoke, die hoof van die weermag, geskryf om hulle almal in kennis te stel dat ek die heinings en veiligheidstelsels afskakel.

“Daar is spesiaal vir dié depot wysigings aan die veiligheidswetgewing gemaak wat ons toegelaat het om lemmetjiesdraad te elektrifiseer weens die enorme grootte van die gebied.

“Volgens beroepsveiligheidswetgewing mag net gekwalifiseerde en spesiaal opgeleide mense daarom die stelsel bedryf omdat dit mense kan doodskok,” sê De Beer.

“Ek het wetlik my plig nagekom deur alles af te skakel en die weermag ingelig. Enige verdere besluite berus nou by die militêre owerhede.”

Volgens Vosloo, wat sedert die kontrak beëindig is homself met sleurwerk aan die lewe hou, is basispersoneel verlede jaar opdrag gegee om weer die heining aan te skakel.

“Dis nie net vir aanskakel nie. Die gras is maande lank nie naby die heining gesny nie en die hele stelsel werk met ingewikkelde kodes. Daar is ook nie kragopwekkers wat dit deurlopend aan die gang kan hou nie. Daarom skop die hele spul uit as die krag afgaan.

“Mense sal doodgaan as hulle alles net wil aanskakel. Nou karring hulle maar so aan.”

Volgens hom is die valboom by die basis se hoofhek afgery en pas die enkele wagte by die hek dus nou ook die depot op.

Voorheen was die depot in die “rooi gebied” waar net enkele goedgekeurde personeellede toegelaat is.

  • Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, het by navraag gesê die weermag is besig om oor ’n nuwe beveiligingskontrak te onderhandel. Hy het die versekering gegee al die ammunisie word “deeglik bewaak”.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
United Arab Emirates 225/7
West Indies 306/10
Rand - Dollar
19.21
+0.4%
Rand - Pond
23.86
+0.5%
Rand - Euro
20.53
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.82
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
1,033.34
+0.7%
Palladium
1,413.95
+0.5%
Goud
1,963.05
+0.1%
Silwer
23.60
+0.1%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,632
+0.3%
Alle aandele
76,840
+0.3%
Hulpbronne 10
69,525
+0.3%
Industriële 25
103,876
+0.0%
Finansiële 15
15,144
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos