Van links na regs: Paul Greyling, hoof van die Pionierskool vir Blindes, Hannes Byleveldt, onderhoof van die skool en die inisieerder van die projek, en De Pallier Gerber, honneursstudent in rekenaarwetenskap, wat die program ontwikkel het. Prof. Lynette van Zijl staan agter.
Die omskakeling van Afrikaanse teks na braille – en andersom – kan nou letterlik met die klik van ’n muis gebeur.
Dit is danksy ’n program wat De Pallier Gerber, ’n rekenaarwetenskapstudent aan die Universiteit Stellenbosch (US), as deel van sy finalejaarprojek vir die Pionierskool vir die Blindes in Worcester ontwikkel het.
Gerber het verlede week sy BScHons-graad in rekenaarwetenskap aan die US verwerf.
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in