Daar is in die verlede al menige keer klem gelê op hoe klein die marge tussen sukses en mislukking in die Superrugby-reeks kan wees.
Soms is dit ’n span wat sentimeters van die doellyn af was in ’n bepalende wedstryd. Of ’n stelskop wat die paal getref het toe speeltyd verstreke was.
Vir die Bulle is dit vanjaar die voorsprong van ’n enkele punt bo die Leeus in die Suid-Afrikaanse groep voor die naweek se laaste ronde ligawedstryde.