Byderhand-Pionierstories in Blindiana

Die Byderhand-Pionierstories, ’n projek deur die Pionierskool vir siggestremdheid en die Byderhand-projek van die Noordwes-Universiteit, is van 30 Augustus af in die Blindiana-barista beskikbaar vir die gemeenskap van Worcester om te ervaar.

Blinde en siggestremde skrywers, almal leerders en oudleerders van die Pionierskool, het vertellinge oor hul skooljare, loopbane en herinneringe vir hierdie projek neergepen. Die Pionierstories is op die skoolterrein van Pionierskool aangebring, op die spesifieke plekke waarna in elke storie verwys word. Die skrywers is op die openingsdag na ’n geselligheid by Blindiana-barista (by Innovation for the Blind) genooi om hul eie stories die eerste keer te ervaar.

Philip Crouse, Nicky Labuschagne en Christo Vorster is van die plaaslike skrywers wat die geselligheid bygewoon het en was beïndruk met die wyse waarop hul verhale gepubliseer is.

Die Byderhand-Pionierstories werk deur middel van ’n QR-kode met instruksies in braille en gedrukte teks op ’n houtbordjie, wat met ’n slimfoon geskandeer en dan gelees of geluister kan word. Quinten Pendle het al die pad van Klerksdorp af gereis om die geselligheid by te woon en na sy verhaal te luister. Blindiana se eie blinde koffiemaker, Joseph Matheatau, se verhaal is ook deel van die projek.

Dr. William Rowland is ’n bekende digter, leiersfiguur en kundige op die gebied van siggestremdheid en baie betrokke by internasionale blinde gemeenskappe.

Daarbenewens is hy ook ’n oudinwoner van Worcester en ’n alumni van die Pionierskool. Sy gedig “Die huis waar ek woon” is een van die sentrale literêre werke in die Byderhand-Pionierskoolprojek.

Hy het by die bekendstelling van die Pionierstories in Blindiana gesê hy is opgewonde oor die vindingrykheid van die projek. “Ek is opgewonde om hier op ’n plek te wees wat ek liefhet, waar my hartsnare is – Worcester en die Instituut vir Blindes – en ou kennisse weer raak te loop, alles saamgebind deur hierdie pragtige projek,” sê Dr. Rowland.

Altesaam 27 stories is in hierdie besondere versameling wat nou in Blindiana Barista beskikbaar is, waar enigiemand uit die Worcester-gemeenskap oor ’n smaaklike ete of koppie koffie ’n storie kan geniet.

besig om te laai... Regstreeks
India 0
Australia 71/2
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos