Die akteur Chris van Niekerk het sewe jaar gelede met fotografie as ’n tweede kunsdissipline begin en eers ’n jaar gelede ’n resep gevind waarmee hy tevrede is.
Hy neem ligskynsels af wat patrone vorm en het dié gesofistikeerde foto’s onder die mooi titel Ligvanger versamel en uitgestal.
Die eerste uitstalling was op vanjaar se Woordfees in Stellenbosch en daarna het hy dit op die Vrystaat Kunstefees vertoon.