Die metaalwerkersvakbond Numsa dreig om sy ou federasie, Cosatu, te dagvaar.
Dit volg op Cosatu se eis dat Numsa en ’n ander voormalige geaffilieerde, die Food and Allied Workers’ Union (Fawu), miljoene rande se beweerde agterstallige affiliasie-geld aan hom betaal.
Cosatu se eis van R3,2 miljoen teen Numsa en R5,2 miljoen teen Fawu is op 26 September beteken.