Die flambojante aangee oor sy regterskouer in die afgelope Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Goue Leeus op Ellispark was ’n blik op Scarra Ntubeni se gemoedstoestand.
“Dis heerlik om in ’n omgewing soos hierdie te wees en weer gereeld speelkans te kry,” sê die hakerbuksie van die Westelike Provinsie.
“Hierdie is ’n wonderlike span. Daar is geen ego’s nie, almal werk hard vir mekaar en die afrigters staan bankvas agter ons.”