Die departement van water en sanitasie is baie bekommerd oor die droogte en damvlakke wat met sowat 1% per week daal.
Leonardo Manus, hoofdirekteur van infrastruktuur by die departement, het Dinsdag gesê hulle is baie bekommerd oor die droogte en veral oor voedselsekerheid.
Hy het gesê hy het onlangs deur die Vrystaat gery en dinge lyk bitter sleg.