Frans Steyn se moontlike terugkeer na Springbok-rugby behoort vir Damian de Allende op sy tone te hou in Saterdag se Superrugby-wedstryd tussen die Haaie en Stormers op Nuweland.
De Allende, die Bokke se voorkeur-binnesenter in 2018, het verlede naweek in nasionale belang ruskans gekry en die wedstryd teen die Sunwolves misgeloop, maar keer terug na die Stormers-span vir ’n wedstryd wat sal bepaal of hulle die uitspeelrondes haal.
Robbie Fleck, afrigter van die Stormers, glo De Allende se terugkeer sal ’n groot verskil maak ná die Stormers se tentatiewe spel agterlangs verlede naweek.