Utrecht. – Toeriste wat deur die ou stad van Utrecht in Nederland se Oudegrachtstraat loop, kyk gewoonlik meer af na onder as op na die ou geboue rondom hulle.
Die rede is die letters wat op die randstene van die smal pad gegraveer is, alles in ’n spesiale lettertipe en een letter per steen.
“De Letters van Utrecht is ’n kunswerk wat as ’n monument vir die toekoms dien,” verduidelik Michael Münker, die tesourier van die Letters van Utrecht-stigting.