Denel het in die afgelope finansiële jaar ’n astronomiese verlies van R1,7 miljard gely én moes sy verklaarde winste van vorige jare afwaarts aanpas.
Boonop het die ouditeur-generaal (OG) geweier om ’n ouditmening te gee sonder ’n vrywaring. Dit beteken die OG verskaf geen waarborg dat die state korrek is nie.
Denel het in die 2017- finansiële state, wat afgeteken is deur Daniel Mantshe, destydse raadsvoorsitter en oudpres. Jacob Zuma se huidige prokureur, ’n wins van R333 miljoen verklaar.